Slide background

Plantasie is ons jeugaksie by Lewende Woord. Ons fokus is om Hoërskool leerlinge te bemagtig en hulle te help om hulle plek in die koninkryk te vind.

Ons visie word saamgevat in drie hoofpunte naamlik glow, grow en go. Met al die klem op tegnologie het ons ook besluit om ons identifikasie daarby aan te pas:

glow@plantasie verwys na ons missie om te skyn daar waar die Here jou geplant het.

grow@plantasie verwys na een integrale deel van enige persoon se geestelike lewe – om te groei deur bybelstudie, fellowship en lofprysing en aanbidding. Een baie belangrike deel hiervan is ook om mekaar te ondersteun en by te staan.

go@plantasie is die visie om dissipels te maak van alle nasies. Ons doen dit deur verskeie maniere van uitreik insluitende hospitaalbesoeke, bejaarde kuiers asook algemene uitreike in die gemeenskap.

Almal van Graad 8 tot 12 welkom!!

Kontak gerus die kerkkantoor (051 451 9999) as jy meer wil weet!

View the embedded image gallery online at:
http://lewendewoordbfn.co.za/bedieninge/jeug#sigProId9b511d5a80

kontak ons aanlyn