Slide background

Kruis Kidz is Lewende Woord se kinderbediening. Ons kom elke Sondag om 09:00 bymekaar, maar ontvang reeds vanaf 08:30 kinders!

Lewende Woord Bloemfontein plaas ‘n hoë waarde op die ontwikkeling van kinders se verhouding met Jesus Christus! Ons streef daarna om elke kind op sy/haar ouderdomsvlak te leer van God se Woord met ‘n relevante en treffende kurikulum.

Die personeel is passievol en vriendelik, en elke ouderdomsgroep beskik oor bekwame dames wat ervare is met kinderbediening! Verder poog ons om ouers op hoogte te hou van vordering en sien uit om ‘n lang pad te stap met elke gesin wat ons met die geestelike groei van hul kosbaarste besittings vertrou!

Veiligheid in en om die geboue is goed, aangesien ons ‘n dubbel heining om die perseel het. Daar is heeltyd volwasse persone wat betrokke is by die bediening.

Alle kinders tussen 2-13 Jaar is welkom.

Ons kan getuig dat kinders wat betrokke raak by Kruis Kidz, geestelik goed ontwikkel en hul geloof prakties toepas en uitleef! Bring gerus jou kinders en verseker dat hulle suiwer Woord, baie liefde en ‘n gesonde Koninkryk-perspektief ontwikkel!

Ons fokus is:

  • Kinders met ‘n passie vir Jesus!
  • Dat elke kind God se liefde en krag sal ontdek in hul persoonlike verhouding met Jesus sowel as ouer-kind verhouding.
  • Liefdevolle vertrouens-verhoudings te skep tussen Leiers, kinders en hul ouers.
  • Ons het ons eie kinderkerk, wat ingerig is om kinderklassies te huisves.
  • ‘n Groot grasperk en baie bome verseker ‘n lekker speelplek wat met speelgoed in die tuin aangevul word.
  • Kinders aanbid vir ongeveer 30 minute saam vanaf 09:00 voor die onderskeie ouderdomme na hul afsonderlike klassies beweeg.
  • Aanbidding geskied in die fasiliteit, met relevante musiek-agtergrond en hulpmiddels wat daarop gemik is om ‘n liefde vir aanbidding te ontwikkel.
  • Kinders aanbid hoofsaaklik in Afrikaans. (Alle klasse word in Afrikaans aangebied)
  • Die lapa is omhein en die hekkie word tydens dienstye toegehou.
  • Verskeie volwasse dames is betrokke by die kinderbediening, en aan diens tydens die verrigtinge.
  • Elke kind moet ‘n registrasievorm invul wat op leêr gehou word. 
  • Kinders se allergieë en noodkontaknommers word hierop aangedui.
  • Ouers kan tydens die erediens in kennis gestel word indien dit nodig sou wees.
  • Personeel dra ‘n uitken-plakker. Elke kind se naam en kontaknommer word op die kind aangebring (met ‘n plakker op die rug). 
  • Sodoende kan kinders vinnig geidentifiseer word indien nodig.
  • Kinders moet deur ouers ingeboek word en deur ouers self afgehaal word. Hierdie reelings bestaan uitsluitlik om die veiligheid van kinders te verseker.
  • Ons wil ouers aanmoedig om nie kinders met speelgoed kinderkerk toe te stuur nie.
  • Die bedienings beskik oor speelgoed wat gereeld skoongemaak word en in ‘n goeie toestand is.
  • Ons versoek ouers om nie lekkergoed saam kinderkerk toe te stuur nie.
  • Ons verseker dat kinders ‘n gesonde happie kry (vrugte/ ‘n broodjie ens) en vrugtesap of water om te drink.
  • Die kinderbediening verskaf wel lekkers/cupcakes op sekere geleenthede, en hanthaaf die inname daarvan sowel as vir die relevante allergieë.
  • Dames wat klassies fasiliteer staan in ‘n gesonde verhouding met Lewende Woord se leierskap, en ons is verseker dat elkeen van hierdie fasiliteerders passievol is oor Christelike kinderopvoeding.
  • Elke fasiliteerder word gekeur, en is weekliks in kontak met die kinder-bedieningsleier.
  • Ons gebruik volwasse persone in die aanbieding, maar laat jonger meisies toe om as klas-assistente uit te help.
  • Kinderbediening  vereis baie hande, en ons poog om dit so gemaklik moontlik vir beide die kinders en die personeel te maak.

Skakel gerus die kerkkantoor by 051 451 9999 of kontak KruisKidz se bedieningsleier, Odette van Niekerk, by  073 230 1649. Jy is ook welkom om ‘n epos te stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

kontak ons aanlyn