Slide background

Ons mannebediening word True North Journey genoem en ons kuier elke Donderdagaand saam.

Die mannebediening bedien volwasse mans van alle ouderdomme, met ‘n spesiale fokus op manwees.

Die mannebediening wil ‘n omgewing skep waar:

  • mans opnuut ontdek wie God is en wat God se plan met hulle lewens is;
  • mans hul ware identiteit en doel op aarde sal ontdek en ontgin tot volle transformasie in Christus;
  • mans ‘n veilige en vertroulike hawe skep en community in liefde (“place of grace”) bou waarin hulle mekaar kan ondersteun tot geestelike en lewensgroei sodat hulle as dienaarleiers voluit kan leef in alle fasette van hul lewe;
  • mans gehelp word om hulle geloof in en verhouding met die Here met hulle gewone lewe te integreer;
  • mans, binne gesonde verhoudings, saam journey, by mekaar leer en mekaar bemoedig en toerus om ‘n verskil in ander mans se lewens en in die wêreld te maak; mans inskakel en saamwerk met ander bedieninge en inisiatiewe in die breër gemeenskap.

Besoek gerus ook www.truenorthjourney.com vir meer inligting hieroor.

OPKOMENDE KURSUSSE

Navrae:

Info Toonbank
Tel : 079 976 1344

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

kontak ons aanlyn