Joh. 4:23 "Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so sal aanbid."
Dis ook vir ons belangrik om die Woord en boodskappe wat gepreek word om te sit in liedere wat in ons gemeente gesing word.
Van ons eie liedere wat gesing word in die kerk is "Naby aan U", "Grateful heart", "Our homes" en "Ons is hier tesaam"
Die boodskap wat ons altyd wil deel oor aanbidding is dat dit nie net 'n sondag belewenis is nie, maar 'n totale lewenstyl.
Elkeen van ons is geroep om 'n aanbidder te wees en om eer en lof aan die Here te bring met alles wat in ons is.
Die Woord van die Here sê in Psalm 150:6 "Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!
Ons is geseënd met talentvolle sangers en musikante wat hulle tyd opoffer om weekliks te oefen en sondae en met geleenthede die aanbidding te lei.
Deel van span is ons tegniese afdeling wat die Klank, Lerieke, Kamerawerk en uitsending op ons platforms hanteer.
As jy kan sing of 'n instrument kan speel, of jy wil deel word van die tegniese span, kontak vir Eugene du Randt op 0825169909 om betrokke te raak.
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
This website uses cookies to ensure you get the best experience on our website.