One80 is die
tienerbediening van Lewende Woord. Gedurende die skoolkwartaal kom ons elke
Sondagaand 18:00 bymekaar om saam te aanbid (of worship as jy wil), Woord te
deel en kragtig saam te bid! Alle hoërskool leerlinge tussen 13 en 18 jaar word
hartlik uitgenooi om saam met ons die Here te kom loof en prys en Sy
teenwoordigheid te geniet.
Ons missie om
tieners toe te rus om 'n verskil te maak in die stad. 'n Tiener het die
potensiaal om skole, stede, selfs nasies, te verander vir God se koningkryk.
Maar om dit moontlik te maak, het hulle sekerheid nodig in wie hulle is, wie
hulle kan wees, en nog belangriker, wie hulle God is. By One80 streef ons om
nader en nader aan Jesus te groei. By elke byeenkoms is daar Woord-gedrewe
prediking, kragtige worship, en egte liefde vir mekaar wat ons geloof versterk.
Ons is aktief op
Instagram en op 'n One80 WhatsApp groep waar ons al ons
kommunikasie deurgee.