Jong Volwassenes
By ons Young Adult bediening het ons ‘n plek vir elke ouderdom jong volwassene (18+) Kom skakel in en raak deel van ons familie!
By YAM strewe ons om:
- Opregte verhoudinge met almal te hê – Mense maak saak!
- Diep teologie te bespreek en nie oppervlakkige dinge nie, geestelike groei is vir ons belangrik.
- Bedieningsgeleenthede vir almal te gee wat die behoefte het.
- Betekenisvolle “purpose” vir elke jong volwassene te help ontdek.
- Altyd eerlike antwoorde te gee op vrae, selfs al is dit “ek weet nie”.
- Almal welkom en spesiaal te laat voel – ons is almal familie!
- Pastorale ondersteuning te bied die beste wat ons kan.
- Vir jongmense die geleentheid te gee om uit te reik na die gemeenskap.