“Kan ʼn nasie na die Here terugkeer?” Jou antwoord bepaal jou betrokkenheid!
Sedert die ontstaan van Lewende Woord in 1986 was dit Nevil en Rina Norden se begeerte dat Lewende Woord ‘n ware vernuwingsgemeente sal wees en sal bly. Dit beteken dat ons een van die gemeentes sal wees waar Christenskap weer soos in die boek van Handelinge (Hand. 3:19; Hand. 2:42-46) beleef sal word – dinamies, vrymakend en wat die samelewing vir Jesus liefdevol oorwen!
Die bruid van Christus moet oral saam met Jesus, die Bruidegom, vanuit hemelse plekke begin regeer. Dit was voorheen nie moontlik nie, want die bediening van apostel, profeet, evangelis, herder en leraar was nog nie volwaardig herstel nie (Ef. 4:11-14). Ook was die proses van dissipelskap nie deeglik in plek nie.
Ons glo dat ons deel van God se antwoord vir Bloemfontein, Suid-Afrika en internasionaal is. Ons bediening is daarop gerig om jou gees, siel en liggaam (1 Thess. 5:23) op te rig sodat jy jou skeppingsdoel sal uitleef. Dit is my begeerte om mense waarlik honger te maak vir die Lewende Woord van God en toe te sien dat die Woord met krag groei. (Hand.19:20) – Nevil Norden
This website uses cookies to ensure you get the best experience on our website.