Neville en Elmarie Goodchild het 10 jaar gelede gereageer op ‘n opdrag van die Here om ‘n gemeente in Langenhovenpark, Bloemfontein te begin. ‘n Selgroep van 14 mense het vinnig gegroei tot die planting van Lewende Woord Bloemfontein in Oktober 2012. ‘n Profetiese Woord en roeping om heling en redding te bedien, rugsteen die bediening. Lewende Woord fokus op suiwer Woordbediening, liefdevolle verhoudings en handhaaf ‘n Koninkryksfokus. Lewende Woord bedien tans in Bloemfontein, en is reeds agt jaar betrokke in projekte in oa. Zimbabwe. Ons byeenkomste word gekenmerk deur passievolle aanbidding, lering en die werk van die Heilige Gees, asook ‘n sterk fokus op kinderbediening. Kinders van alle ouderdomme groei hier tot selfstandige individue, en ontwikkel ‘n sensitiwiteit en gehoorsaamheid aan die Gees.
Lewende Woord fokus doelgerig op die roeping oor die gemeente, asook ‘n diep oortuiging dat die bediening ‘n verskil kan maak in die stad. Ons visie is om mense in Bloemfontein en ander stede se gebrokenheid te bedien en transformasie te bewerkstellig op sosio-ekonomiese vlak, deur opheffing, toerusting en leierskap.
This website uses cookies to ensure you get the best experience on our website.